Tuesday, December 25, 2007

Bid asseblief:
* Vir die vinnige aanleer van die taal en kultuur.
* Veilige vlugte na Manila.
* Wysheid in die besluitneming van ons kinders se opvoeding en opleiding..
* Vir die leier-skap van NTM in die Filippyne sodat hulle ons kan raad gee as ons daar arriveer.
* Watter kant van die eiland ons moet gaan vir taal leer..
* Vir die laaste paar dae in Suid Afrika dat ons planne en voorberei-ding vlot sal verloop..
* Vir Paul en Cathy se vlugte op 14 Januarie sodat die lughawens in Engeland nie strike nie.

Baie dankie aan almal van jullewat dit vir ons moontlik maak om die Goeie Boodskap aan daardie te bring wat nog nooit die voor-reg gehad het om dit te hoor nie. Dan gaan ons eendag saam voor Hom neerval en Hom aanbid... Dit vat mense ommense te bereik.

Monday, September 17, 2007

Dank vir:
  • Die wonderlike voertuig wat ons baie help.
  • Die groot huis waarin ons bly.
  • Gesondheid vir ons hele huis gesin.
  • Die klein groepies wat so mooi verloop.

Bid vir:

  • Ons ondersteuining finansieel is nog nie waar dit moet wees nie.
  • Die Here se tyd sodat ons ons reelings kan maak Filipyne toe.
  • Algemene veiligheid.
  • Dat die kinders hulle harte sal oop maak by die koffie kroeg en die Here sommer baie meer kinders sal stuur Woensdae aande.

Wednesday, August 29, 2007

Bid asseblief vir:

Die 40 dae doelgerigte lewe dat almal in Brakpan tot ‘n nuwe besef sal kom oor geloof en Christus en dat baie tot Christus sal kom gedurende hierdie tyd.
Die koffie kroeg met die jong mense dat ek sal se wat die Here wil he ek moet se en dat die kinders die liefde van Christus kan beleef.
Ons finansies om te kan gaan na die sending veld.
Die Here mense op ons pad sal stuur om ons uit te nooi om met hulle kan deel en kan getuig van die Here se getrouheid en liefde.
Dat mense hulle harte oop maak na ons gepraat het by ons kerk in Dalview en mense die erns sal sien om betrokke te raak met sending en God se opdrag aan ons almal om uit te gaan.
Die Here nou al reeds die grond sal bewerk waar ons in die Filippyne gaan werk. Sodat Hy ook die deure vir ons sal oop maak en help met ons reelings.
Vir die gebdsgroepie waarby ons betrokke raak op Dinsdag. Dat die Here die byeenkomste sal seen en sal laat geestelik groei in Sy doel en Woord.

Prys die Here vir:

Die commitments wat mense alreeds gemaak het en betrokke raak by ons bediening hetsy met finansies wat baie gegroei het en sowel met gebeds ondersteuning.
Iemand het vir ons ’n voertuig bebeskikbaar gestel vir die tydperk wat ons hier in SA is. Dank ons Hemelse Vader ook vir haar getrouheid en gehoorsaamheid en dan ook vir die Here se getrouheid en vir Sy sorg vir ons.
Vir die geleenthede wat die Here op ons pad gebring het waar ons kon getuig en praat.
Vir Sy liefde elke dag wat Hy aan ons bewys deur Sy sorg en genade aan ons.