Wednesday, August 29, 2007

Bid asseblief vir:

Die 40 dae doelgerigte lewe dat almal in Brakpan tot ‘n nuwe besef sal kom oor geloof en Christus en dat baie tot Christus sal kom gedurende hierdie tyd.
Die koffie kroeg met die jong mense dat ek sal se wat die Here wil he ek moet se en dat die kinders die liefde van Christus kan beleef.
Ons finansies om te kan gaan na die sending veld.
Die Here mense op ons pad sal stuur om ons uit te nooi om met hulle kan deel en kan getuig van die Here se getrouheid en liefde.
Dat mense hulle harte oop maak na ons gepraat het by ons kerk in Dalview en mense die erns sal sien om betrokke te raak met sending en God se opdrag aan ons almal om uit te gaan.
Die Here nou al reeds die grond sal bewerk waar ons in die Filippyne gaan werk. Sodat Hy ook die deure vir ons sal oop maak en help met ons reelings.
Vir die gebdsgroepie waarby ons betrokke raak op Dinsdag. Dat die Here die byeenkomste sal seen en sal laat geestelik groei in Sy doel en Woord.

Prys die Here vir:

Die commitments wat mense alreeds gemaak het en betrokke raak by ons bediening hetsy met finansies wat baie gegroei het en sowel met gebeds ondersteuning.
Iemand het vir ons ’n voertuig bebeskikbaar gestel vir die tydperk wat ons hier in SA is. Dank ons Hemelse Vader ook vir haar getrouheid en gehoorsaamheid en dan ook vir die Here se getrouheid en vir Sy sorg vir ons.
Vir die geleenthede wat die Here op ons pad gebring het waar ons kon getuig en praat.
Vir Sy liefde elke dag wat Hy aan ons bewys deur Sy sorg en genade aan ons.

No comments: